Skroef (lugvaart)

Een van die skroewe aan 'n Antonof An-140-100.

’n Skroef of lugskroef in lugvaart skakel die draaibeweging van ’n enjin of ander kragbron om in ’n skroefwind wat die skroef (en daarmee ook die vaartuig waaraan dit geheg is) vorentoe of agtertoe stoot. Dit bestaan uit ’n draaiende, kragaangedrewe naaf waaraan verskeie blaaie geheg is sodat die hele eenheid om ’n lengte-as draai.

Die steekhoek van die blaaie kan vasgestel wees, met die hand veranderbaar wees tot enkele bepaalde posisies of van die veranderbare steekhoekskroewe tipe met konstante snelheid wees.

Die skroef van ’n helikopter word ’n rotor genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search